PETR HAVENGA VAN REITZ WEN GOUE MEDALJE OP SA’S
Hierdie jaar was dit net ‘n plesier om na Petr Havenga, ‘n graad 10-leerling van Hoërskool Reitz. op die atletiekbaan te kyk. Hy het dan ook die atletiekseisoen op ‘n hoë noot afgesluit, tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat in Germiston plaasgevind het.
Hy het die S 0/17 goue medalje vir die Vrystaat ingepalm, tydens ‘n nat byeenkoms, met ‘n tyd van 47.23 sekondes.
Tydens dieselfde byeenkoms was hy ook 5de in die 200m vir 0/17 seuns. Hy was ook lid van twee van die Vrystaat aflosspanne, naamlik die 0/17-seuns 4 x 100m, asook die 0/19 seuns. 4 x 400m. Albei hierdie spanne het 3de geëindig op die SA-Kampioenskappe.
Berig: Christo van Zyl






























